27 Augustus 2021

Dagstuk
Psalm 25

In ons Psalm en Skrifberyming boekie as kind, moes ons hierdie Psalm uit ons koppe leer:
“Leer my Heer U regte weë, wys die regte pad my aan.
Maak my hart daartoe geneë om met lus daarop te gaan!”…..

Hierdie mooi Psalm is ñ uitroep tot hulp van die Here in moeilike omstandighede!
“Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm, want ek wag op U.”
‭‭PSALMS‬ ‭25:21‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U ons red en beskerm!
Ons vertroue is in U alleen!
U is ons Rots!