26 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 25

Die volgende geslag na Abraham word beskryf!
Sy kinders by Ketura, asook Ismael, sy seun by Hagar. Ismael se 12 seuns wat 12 stede beheer het, was in konstante konflik met mekaar en uit hulle het die Arabiere gekom, waaruit Mohammed die Islam godsdiens begin het.

Isak en Rebekka se tweeling het egter van die begin af, soos baie ander in die geslagslyn van Jesus, die jongste die oudste gelei.
Ons moet die reg om kind van God te wees (Joh. 1:12) koester! Dis vir Hom belangrik!

Here, dankie dat U die verhaal van nasies ken en weet waar om elkeen te laat woon. U hou die geskiedenis van volke in U hand.
U is ons Vader!