23 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 24

Die Here beskryf die eindtye en Sy wederkoms vir Sy dissipels.
Hulle verwag steeds iets anders… soos ‘n fisiese koninkryk wat in Jerusalem opgerig gaan word om die Romeinse oorheersing teë te staan.
Die Here beskryf egter Sy groter plan, Sy groter Koninkryk plan!

“Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom.”
‭‭MATTEUS‬ ‭24:14‬ ‭NLV‬‬
(Dis my en jou se werk!!)

In die hoofstuk opgesluit is dat die tempel totaal en al vernietig sou word.
Dit het in 70nC gebeur.
Daar staan egter ook dat die tempel ontheilig moet word voor die einde kom.
Die tempel sal weer herbou word! (Planne daarvoor is reeds in proses by die tempelinstituut in Jerusalem.)

Here, ons weet dat die aarde soos hy nou is tot ‘n einde gaan kom!
Help ons om die goeie nuus van U redding na elke uithoek van elke nasie uit te dra!
Here, hier is ons! Gebruik ons!
U is die Begin en die Einde!