22 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 24

Die romantiese en wonderlike verhaal van Rebekka word vertel.

Dis ‘n hoofstuk van die Here se genadige voorsiening, Abraham se geloof, ‘n slaaf se lojaliteit en gebed, en ‘n meisie se dapperheid!

Ek en jy, as bruid van Christus, behoort die moed van jong Rebekka te hê om die onbekende vir ons Geliefde en Bruidegom aan te pak.

Gelukkig stuur die Here die Heilige Gees om ons na Sy Seun te neem, soos die slaaf ‘n vrou vir Isak moes gaan haal.

Dis ‘n vergelyking van God se verlossingswerk!

Here, dankie dat U ons kom haal het om met U te trou!
U is ons vrolike Bruidegom!