20 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 23

Die Here waarsku ons teen geestlike leiers wat op een of ander titel aanspraak maak en Hy sê uitdruklik dat ons nie mede broers en susters moet noem: Vader, pa, dominee (meester), rabbi, pastoor of enige ander spesiale titel wat hulle uitsonder om so bietjie verhewe te wees bo die res van die Here se kerk nie!

Die Here spreek die godsdienstige leiers van Sy tyd aan, maar waarsku ook elkeen van ons teen skynheiligheid en die absolute valsheid van godsdiens wat onrealisties verwag van mense om wette te hou wat nie moontlik of van Hom af is nie.
Om die Here te dien gaan oor verhouding met Hom en nie oor reëls en wette nie!

Here, dankie dat ons almal gelyk voor U staan en niemand met ‘n titel verhewe behoort te wees nie, en dat ons mekaar in nederigheid kan dien!
U is ons Leermeester
Ons Rabbi!