18 Augustus 2021

Dagstuk

Psalm 22

Hierdie is die bekende Messiaanse Psalm!
Omtrent niks van die ervarings wat Dawid hier in ‘n lied vasvang, het met hom gebeur nie, maar, deur die Heilige Gees geïnspireer, beskryf hy baie van die kruisiging, soos bv. dat Sy klere verdeel is deur die lot te werp daaroor!

Boonop haal Jesus aan die kruis die openingswoorde van die Psalm aan as Hy roep: “My God, my God!
Waarom het U my verlaat?”

Jesus, dankie dat U vir ons gesterf het en dat alles eeue voor die tyd beplan was, en al het mense en Satan nie geweet hoe dit sou gebeur nie, het U 1000 jaar voor die tyd vir Dawid die Psalm gegee sodat dit kon bevestig: U beplan ons verlossing haarfyn! U wou ons red! Dit het nie toevallig gebeur nie!!
U is ons verlosser!