16 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 22

Op min of meer dieselfde plek waar Abraham sy geliefde seun moes offer, het God Sy geliefde Seun geoffer vir ons. En net soos die hemel oopgegaan het om, met ‘n stem, Abraham te keer, so het die hemele toegegaan en was dit stikdonker en stil by Jesus se kruis.

Abraham se geloof word vir ons onthalwe geïllustreer, ook sodat ons aan niks of niemand sal vashou bo die Here nie!

Here, U is ons alles!
Dankie dat U die offer-Lam voorsien het aan die kruis, sodat Hy geoffer moes word ipv ons: soos Isak gered is, is ons gered!
U is die Lam!