14 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 21

Jesus kom soos die Koning wat Hy is, Jerusalem binne!
Nederig op ‘n donkie, nie op ‘n perd om mag en outoriteit te illustreer nie: dit gaan Hy later doen, volgens Openbaring.

By die Tempel reinig Hy dit van mense wat wil geld maak en nie bid nie!
Hy genees ‘n klomp mense en, na die kinders Hom begin loof, korrigeer Hy die Fariseërs en Skrifgeleerdes daagliks soos Hy van Betanië, waar Hy oornag, loop na die Tempel.
Hierdie was die laaste week voor Sy kruisiging, wat in hierdie hoofstuk begin.

Here, dankie dat ons saam met U kan bid vir die nasies om ons! Help ons dat ons fokus en motiewe nie misvormd raak soos die skrifgeleerdes en priesters van daardie tyd nie, maar dat ons opreg sal bly bid!
U is Triomfanklik!