13 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 21

Isak word gebore en Sara besef dis lagwekkend dat sy ‘n seun borsvoed op haar ouderdom: daarom Isak -“lag”!

Hagar en Ismael word weggestuur agv jaloesie, maar die Here versorg hulle en uit Ismael het die Arabiere gekom, wat die Moslems se begin was in 560nC, met Mohammed se openbarings. Daarom vertel die Koran dat Ismael die geliefde seun van Abraham was en Isak die verwerpte een.

Abimelek, wat al met Abraham te doen gekry het (hy wou met Sarai trou toe keer die Here hom), het met Abraham ‘n vredesverdrag gesluit rondom die putte vir vee se water.
Berseba beteken: ber- put en seba- sewe (Abraham se geskenk aan Abimelek was 7 skape), maar seba beteken ook eed.

Here, dankie dat U U woord hou met ons!
U is die Verbonds-God!