12 Augustus 2021

Dagstuk
Psalm 20

Dawid was ñ suksesvolle koning en krygsman, maar hy het besef sy oorwinnings en suksesse was gegrond op die Here se hulp en nie sy eie of sy weermag se vermoëns nie!
“Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here ons God.”
‭‭PSALMS‬ ‭20:8‬ ‭NLV‬‬

Here, ons vertrou op U en nie op mense, politieke partye of sisteme nie!
U is ons Koning!