11 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 20

Johannes en Jakobus se ma vra of haar twee seuns nie dalk ereplekke kan kry as Jesus Koning word nie.  Dalk het sy regeringsposisies soos ministers ingedagte as sy dit vra, maar Jakobus die ouboet sou die 1ste dissipel wees wat as ‘n martelaar sterf en Johannes sou die dissipel wees wat die langste sou leef, al was hy ‘n keer deur die Romeinse keiser in kokende olie gegooi wat hom niks gemaak het nie.
Dalk was hulle lewensduur en bediening deur lyding wat Jesus ingedagte gehad het, eerder as ministeriële posisies.  

Die Here se hart is dat leiers dien soos Hy gedien het en dat elke leier sy lewe en eie belang sal neerlê vir die wat hy lei!
Hand. 20:28

Here, dankie dat goeie leiding mense bevry en genees, soos U die blindes genees het, om te illustreer hoe om uit liefde te lei, deur te dien, al is dit net deur te luister!
U is ons Leier!