9 Augustus 2021

Dagstuk
Psalm 19
 
Dawid loof die Here oor hoe Sy skepping van Sy grootheid vertel!
Dan praat hy oor hoe kosbaar die Here se woord is, en vra hieruit vir vergifnis van onopsetlike sonde, en vir hulp dat sonde hom nie verstrik nie.
Dit is egter hierdie slotwoorde wat steeds vir my kosbaar bly:
“Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser.”
‭‭PSALMS‬ ‭19:15‬ ‭NLV‬‬

Here, die woorde van ons mond en die gedagtes van ons hart is ‘n loflied voor U!
U is die Skepper!