10 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 20

Abraham se vrees vir mense laat hom ‘n tweede keer sy vrou weggee aan ‘n koning.
Eers het Farao, en nou Abimelek, vir Sara as vrou geneem omdat hulle van Abraham hoor dis sy suster.

Die kompromie om vrede te handhaaf of sy eie bas te red, is tipies van iemand met Abraham se persoonlikheid. Hulle sal enige konflik vermy en sal hulself skade aandoen vir vrede.
Maar mens kan nie met die waarheid ‘n kompromie aangaan nie! Bly by wat reg is, al bring dit konflik.

Here, dankie dat U ons red van onsself en ten spyte van onsself!
Dankie vir ‘n bonatuurlike ingryping met Abimelek sodat hy tot inkeer kon kom. Mag mense wat U nie eers ken nie, wat om ons is, ook so van U hoor en by U uitkom as hulle met ons te doen kry.
U is die Regverdige!