8 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 19

Jesus beklemtoon die belangrikheid van die huwelik!
Hy nooi weer, soos in die vorige hoofstuk, kinders na Hom toe en verduidelik dat rykdom nie nou belangrik is nie, maar eerder om Sy wil te doen!
Hy belowe ook dat die beloning wat ons gaan ontvang nie finansieël hier op aarde gaan wees nie, maar dat dit in die ewigheid vir ons waarde gaan hê.

Here help ons om ons fokus nie op goed en geld te sit nie, maar op U wat baie kosbaarder is as enige iets wat ons op die aarde kan besit!
Eintlik is alles wat ons besit net U s’n!!

U is Alles!