7 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 19

Die sonde van Sodom en Gomorra was so groot dat nie eers Abraham se intersessie gehelp het nie, want daar was nie eens 5 regverdiges in die stede nie.
Trouens, die laaste skande was die manier hoe hulle die engele onsedelik wou hanteer.
Die vallei word egter deur een of ander seismologiese gebeurtenis verwoes en dit is vandag die dooie see.
Daar is ‘n abnormale sout en mineraal teenwoordigheid in daardie streek.

Here, help ons om nie terug te kyk in verlange na sonde soos Lot se vrou nie, maar dat ons ons oë gefokus hou op U, ons Uitkoms!
U is ons Redding!