6 Augustus 2021

Dagstuk
Psalm 18

Dawid beskryf die oorwinning wat die Here hom oor sy vyande laat behaal het, en loof Hom vir dit!

Hy besef dat hy ‘n pad van geregtigheid met die Here moet stap en hoe die Here dan altyd uithelp in moeilike omstandighede:
“U red hulle wat nederig is, maar die hoogmoediges verneder U.”
‭‭PSALMS‬ ‭18:28‬ ‭NLV‬‬

Mag ons besef dat nederigheid vir ons deure by die Here oopmaak, maar trots en hoogmoed sal elke geleentheid by ons Here laat verbygaan.

Here, dankie dat U ons help deur ons moeilike tye, net soos U Dawid daardeur gedra het!
U is ons Oorwinning!