5 Augustus 2021

Dagstuk
Matteus 18

Hierdie hoofstuk gaan oor dissipline vanuit genade wat ons op mekaar moet toepas.
Dit begin by nederigheid: om soos ‘n kind te wees en ander vanuit nederigheid te beskou.
As iemand dan doelbewus sondig en nie jammer is of wil regmaak nie, moet ons:
1. Eers alleen na hom gaan en hom waarsku, soos Esegiël 33 ook verduidelik, anders is die “bloed” van sy skuld ook op ons hande.
2. As so ‘n persoon aanhou sondig en nie wil luister nie, moet jy ‘n liefdevolle broer soos jy saamneem om die persoon te probeer oortuig om weg te draai van sonde.
3. As so ‘n persoon steeds aanhou sondig, is die drastiese stap nodig om so ‘n persoon voor ‘n liefdevolle gemeente te stel as iemand wat nie wil omkeer van ‘n spesifieke sonde nie.
Hierdie is ‘n genade-stap en die gemeente moet ook met die uiterse sensitiewe stap genade aan die persoon betoon.
4. As so ‘n persoon egter dan steeds kies om teen die Here te sondig, sondig hulle nou teen mense ook wat weet wat hulle doen is verkeerd, en daarom moet hulle dan eers onder tug geplaas word en van leierskap uit die kerk gesit word, met steeds die hoop dat hulle sal terugkeer.
Dus moet daar genade bly vir die mens, maar nie vir sy sonde nie.

Ons kan ook nie net doelbewuste sonde waaroor ‘n gelowige nie jammer is nie, ignoreer nie!
Een appel beinvloed al die ander om hom, en dus kan een se sonde soos vrot, ‘n groep mense verander.
Onthou, ons beweeg nie op 1 persoon se aanklag nie, maar die skrif praat van “uit die mond van 2 of 3 getuies”, voor ons optree om iemand in genade te dissiplineer.

Here, dankie dat U ‘n God van orde en genade is, en dat U ‘n metode het van hoe ons met iemand moet werk wat afdwaal in sonde, om hulle weer in liefde te herstel.
U is Getrou!