4 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 18

Abraham onthaal die Here. Die Here seën hom deur weer die belofte van ‘n seun te bevestig!

Dan maak die Here Sy oordeelsplan aan Abraham bekend oor Sodom en Gomorra.
Abraham praat met die Here oor die stede en sy voorbidding behels op die einde dat die Here die stede moet spaar vir 10 gelowiges, maar ons weet egter daar was net 3 gewees.

Vandag nog as Joodse mans in hul sinagoges bymekaar kom is dit eers “kerk” as daar 10 mans ouer as 12 is.

Here, dankie dat U na ons luister as ons voorbidding doen vir ons stad en ons land.
Here, red ons op grond van U genade asb!
U is die God wat Sy beloftes gestand hou!