2 Augustus 2021

Dagstuk

Matteus 17

Jesus op die berg van verheerliking sit met Elia en Moses, die twee wat die wet en die profete verteenwoordig.
Sy bediening was om die Ou Testament (die wet en profete) te vervul.
Mag ek en jy, soos die dissipels, in ons geloof gebou word as ons die wonders van Jesus sien en ervaar, of dit nou genesing en bevryding is, of bonatuurlike voorsiening. Net soos Petrus en sy vriende gaan ons ook nie altyd als verstaan nie, maar ons moet Hom steeds bly volg en dien.

Here, U heers oor hemel en aarde. Mag ons in U outoriteit begin beweeg oor siekte, demone en selfs finansies!
U is die Verheerlikte Een!