1 Augustus 2021

Dagstuk
Genesis 17

Die Here sny met Abram ‘n ewige verbond: dat die Here sy God sal wees. Dit beteken dat die Here vir hom ‘n nageslag sal gee al is hy 100 jaar oud, en dat dit ‘n nageslag sal wees wat as ‘n volk aanhou bestaan.
Aan Abram se kant beteken dit dat hy die Here moet gehoorsaam!
Dan verander sy naam na Abraham en Sarai word Sara.
Hy en elke manlike nasaat van hom moet besny word as ‘n teken van die ewige vebond.
Baie nasies het al gekom en gegaan: baie volksgroepe het totaal doodgeloop en hulle area is deur ander oorgeneem, soos die Egitenare van Moses se tyd en ook vele ander, maar die Jode (direkte afstammelinge van Abraham) en die Arabiere (afstammelinge van Ismael) hou aan as volk bestaan deur baie jare en buitengewone omstandighede.

Here, dankie dat ons geestelike kinders van Abraham is deur geloof, en dat ons harte besny kan word met bekering, en dat ons U kan gehoorsaam soos U verwag van die verbond!
U is die Verbonds-God!