31 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 16

Die Here beskerm ons en alle goeie dinge kom van Hom af!!

“’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!”
‭‭PSALMS‬ ‭16:6‬ ‭NLV‬‬

Wat ‘n voorreg om die lewe te hê wat die Here vir jou gee!
Sy beskerming en voorsiening is nou by ons, maar ook in die Ewige saam met die Here!

Dankie Here vir blydskap en vrede in U!
U is my Lewe!