30 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 16

Om Jesus te volg is ‘n geloofstap!
“As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.”
‭‭MATTEUS‬ ‭16:25‬ ‭NLV‬‬

Petrus het in ‘n oogwink ‘n openbaring van wie Jesus is, maar net daarna probeer hy die Here verhoed om Sy wil uit te voer aan die kruis.
Daarom word dieselfde Petrus wat geloof word vir sy gees insig, direk daarna bestraf vir sy vlees denke.

Here, help ons dat ons nie die openbaring van wie U is en wie ons in U is mis, soos die Fariseers en (meeste van die tyd) U dissipels, dit ook gemis het nie!
U is die Brood van die lewe!