29 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 16

Abram maak ‘n plan van sy eie, in stede daarvan om op die Here te bly vertrou.
Hy en Sarai besluit om Hagar, Sarai se Egiptiese slavin, te vat as ‘n byvrou.

Die seun Ismael, wat vir Hagar en Abram gebore is, het later die hoof van die Imaeliete, wat later die Arabiere genoem is, geword.
Dus is dit die stamvader van die mense uit wie die Moslems kom.
Vandag nog erken Islam vir Ismael as hul vader en ook Abram.

“Hierdie seun van jou sal ’n wilde mens wees, soos ’n wildedonkie. Hy sal teen almal wees en almal sal teen hom wees. Hy sal in konflik lewe met sy broers.””
‭‭GENESIS‬ ‭16:12‬ ‭NLV‬‬

Dis ‘n akkurate beskrywing van Moslem mense die wêreld oor. Weerwraak en konflik is deel van wat hulle in die Koran leer.

Abram se fout het tot vandag toe implikasies!

Here, dankie dat ons by U kan leer oor vergifnis en genade.
Dankie dat U nie die god van die Koran is wat weerwraak aanmoedig nie!
U is ‘n liefdevolle Vader!