28 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 15

Dawid se grootste begeerte was om in die Here se teenwoordigheid te leef! Dis myne ook.
Gelukkig het die Here nie meer ‘n Tempel op aarde waar ons soos Dawid wil bly nie, maar, deur Sy Heilige Gees in ons, is ons nou die Tempel van die Here en woon Hy permanent in ons!
Daarom kan die ongeregtigheid wat Dawid beskryf, nie deel van ons lewens wees nie. Ons moet opreg leef en teen sonde in ons veg, eerder as om dit net te aanvaar en korrup te leef.

Here, dankie dat U vir ons ‘n standaard van lewe stel en dat ons as U kinders in U teenwoordigheid mag leef! Nou wil ons reg voor U leef.
U is die Heerlikheid wat in die Tempel geskyn het, en nou in en deur ons skyn.