27 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 15

Jesus vereis van ons om ons ouers te eer, en soos ons hulle moet versorg, só het Hy siekes en behoeftiges gesond gemaak, al was hulle nie Israeliete nie! Hy het die skare wat honger was vir Sy woorde en wonders ook bonatuurlik gevoer!

Here, dankie dat U ons versorg en voer waneer ons U dien en volg, net soos U die skares wat U fisies agterna gesit het, liefgehad het!
U is ons Versorger!