26 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 15

Nadat Abram sy lot aanvaar het en al planne gemaak het dat Eliëser, sy slaaf, als by hom gaan erf, kondig die Here die amper onmoontlike aan, deur te sê dat Abram ‘n seun sal hê!

“Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.”
‭‭Genesis‬ ‭15:6‬ ‭ABA‬‬

Die Here sny toe ‘n verbond met Abram en bevestig dat Israel sy nageslag sal wees!

Here, dankie dat al U beloftes JA en Amen is, en dat U altyd bevestig wat U beloof, al vat dit langer as wat ons verwag en al doen U dit anders as wat ons dit natuurlik sien uitspeel.
U is die Waarmaker van U Woord!