25 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 14

Almal het sonde. Daar is nie een sonder boosheid nie, nie eers een nie; maar nogtans bring die Here redding vir dié wat na Hom soek.

Jy hoef nie perfek te wees om die Here te dien nie, maar daar moet by elkeen van ons ‘n begeerte wees om meer en meer soos Jesus te lyk.

Here, dankie dat U ons red uit ons sonde en van ons skuld!
Skuld het te doen met my gewete en alles wat saam met sonde soos ‘n ekstra las aan ons sit!
U vergewe en genees ons, dis hoekom ons dit verlossing noem!
U is die Verlosser!