24 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 14

Vanuit ‘n deernis vir die mense het Jesus hulle genees, kos gegee, geleer, en toe weer genees, al was Hy moeg.

Die Here se liefde vir mense behoort ons só aan te spoor, om almal om ons te bedien, en soos Petrus groot geloofstappe te neem om uit ons gemaksone te klim en op die water te loop, met ons oë op Hom en nie op die storm (omstandighede) om ons nie!

Here, dankie dat U ons ALTYD red as ons uitroep, soos Petrus na U geroep het in die storm.
U is die Storm-stilmaker!!!