21 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 13

Die Here se gelykenisse leer ons:
Sy Koninkryk het’n einde, waarin dié wat Hom kies en Hom bly volg, die kosbare voorreg het om vir ewig in Sy teenwoordigheid te leef!
Dié wat Hom, en Sy manier van reg doen, nié volg nie, maak egter ‘n keuse om in die vuur, weg van die Here se teenwoordigheid, hulle ewigheid te spandeer.
So, ‘n KEUSE, GEHOORSAAMHEID en ‘n VASBYT en aanhou in geloof, is wat die Here oor en oor vir ons sê om self uit te oefen!
Dan is ons van groot waarde (almal is waardevol reeds voor hul keuse, reg of verkeerd), en dan kies Hy ons (dis ‘n geheimenis: ons kies Hom maar Hy kies ons 1ste), en dan beërf ons so baie in die lewe en in die ewige!

Here, dankie dat U ons aanmoedig en gerus stel!
U is die Wagter oor U woord!