20 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 13

Lot kies die beste grond as hy en Abram moet skei. Hy kies die vrugbare Jordaan-vlakte, voor dit die Dooie See geword het.
Die Here het egter dit alles in Sy plan ingereken, want Abram kry die res van Israel as erfporsie by die Here!

Here, ek besef dat profetiese woord eers baie later tot vervulling kan kom, soos die een vir Abram, wat eers baie jare later (500-600) tot vervulling gekom het.
U woord sal nie leeg na U toe terugkeer nie, maar somtyds is ons oorhaastig om vervulling te sien, omdat ons aan tyd gekoppel is.
U is egter die Ewige!