18 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 12

Jesus is die Here van die sabbat. Die skrywer aan die Hebreërs sê: Jesus IS die sabbat.
Daarom kan ons in Hom rus, en besef in Sy rus is daar OORWINNING!
Ons het outoriteit oor siekte en demoniese magte.
Ons is Sy gesinslede, Sy familie, as ons die prentjie sien en uitvoer wat Hy sien!
Om Sy wil te doen is om te hou by Sy bloudrukplan, om te hou by die prentjie in Sy kop!

Here, dankie vir U rus!
Dankie dat om U te volg en te dien, nie so moeilik is dat dit onmoontlik is nie!
U is die Sabbat!