17 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 12

Vers 2-3 van Genesis 12 is die middelpunt van die Bybel! Dit is die kruks van die Woord: die Here seën jou sodat jy ‘n seën vir ander kan wees!
Dit was waar vir Abraham en vir elkeen van ons wat ook in geloof nasate van die vader van geloof is!

Soos die Farao baie jare later, het die Egiptiese heerser plae beleef omdat hy iemand anders se vrou vir hom gevat het. In Moses se dae herhaal hierdie scenario homself, want die Farao van die dag neem die Here se vrou, Israel, as syne!

Here, help ons om die seën wat ons deur U beleef, te deel met ander!
U is die Verbondsgod!!!