16 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 11

Die Here is in BEHEER!
Dit maak nie saak wat die bose planne van die vyand is, en wat Satan in Suid-Afrika probeer smee nie: die Here regeer!
Hy sien, want Hy sit op Sy Troon!

Here, ons het vandag nodig om te weet: U regeer, U is in beheer!!!
Dankie Here dat U belowe in v. 7 dat ons as “opregtes” U teenwoordigheid sal ervaar!
U Wolkkolom wat Israel beskerm het van Farao, en in die woestyn skadu en hitte voorsien het, woon nou in ons: dit is die Vuur van die Heilige Gees in ons!!!
Here, mag U reën val oor ons land, reën van seën vir gelowiges en, soos Dawid sê, reën kan ook oordeel van U af bring!
U is die Een op die Troon!