15 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 11

Nadat Jesus verduidelik wie Johannes die Doper is (die grootste Ou Testament profeet), sê Hy ook: ons wat nou self kan kies om Hom te volg, elkeen van ons in Sy Koninkryk (Nuwe Testamentiese gelowiges), is groter (geesvervuld) as Johannes.
Kom ons vertrou dat die Here deur ons sal werk, op bonatuurlike maniere, veral as ons vandag vir ons land bid!
“Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.””
‭‭MATTEUS‬ ‭11:30‬ ‭NLV‬‬

Here dis vir ons n voorreg om U juk van gebed en verspreiding van U Goeie nuus  te vat as wat ons nou MOET doen!
Here bewaak ons land en bring asb orde terug.
Al is dit buite seisoen vra ek Here dat dit sal reen in Natal en plekke waar daar onluste is sodat kwaaddoeners verdryf sal word deur die koue. Here ons is mense van seën en nie vervloeking nie daarom seën ons ons probleem areas met reen gebede vir n blus van vure en vlambare situasies!
Here U is die Vredevors!