14 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 11

By die toring van Babel versprei die Here al die volke wat saam gewoon het van Noag se dae af.
Hulle bouprojek was nie tot die Here se eer nie, maar, soos baie dinge vandag, vir hul eie belang. Dit het egter in verwarring (Babel) opgeëindig.
Maar selfs vanuit die verwarring van taal en kultuur wat gevolg het, het Sem se nageslag geseënd voortgegaan tot by Abraham!

Here, help ons dat, wat ons ookal bou, dit U sal verheerlik, en dat ons eie verwarrende planne nie U plan met ons in die wiele sal ry nie!
U is in beheer!