12 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 10

Dit is nie so maklik en sorgvry om die Here te dien nie!
Trouens, die Here belowe vervolging en moeilike tye vir elkeen wat sy lewe vir Hom gee! Moet dus nie mense glo wat vertel ons lewe gaan makliker en materieel beter gaan as jy Christus begin volg nie. Nee! Sy boodskap op ons lippe sal ons in die moeilikheid kry!
Maar:
“Dit sal nie júlle wees wat die praatwerk doen nie, maar die Gees van julle Vader wat julle as sy spreekkanale sal gebruik.”
‭‭MATTEUS‬ ‭10:20‬ ‭NLV‬‬
Daar is vir ons hier, en in die lewe hierna, geestelike belonings wat wag, as ons ons lewens aflê en nie vashou aan gemak en welvaart nie!

Here, dankie dat U ons wil gebruik en dat U deur ons wil praat!
U is die Gees wat ons lei!