11 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 10

Die Here seën Noag se seuns, maar sy 2de oudste, Sem, is die een waaruit die Hebreërs gebore sou word.

Jafet was die stamvader van die Europeërs en Gam, met sy seun Kanaän, was vervloek.

Die Here het hierdie groepe oor die hele aarde laat versprei.

Here, dankie dat U steeds die begin van elke stam, taal en nasie is en dat hulle almal hulle eendag voor U sal kom onderwerp! (Fil. 2:10)
U is ons almal se Vader!