10 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 9

“Here, ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al U wonderlike dade.”
‭‭PSALMS‬ ‭9:2‬ ‭NLV‬‬

Dawid sing tot die Here se eer en besef dat ongelowige vyande ‘n oordeel oor hulself bring!
Ons hoef hulle nie heeltyd tereg te wys nie; die Here self sal met hulle werk.

Here, dankie dat ons in U hande van genade mag wees.
Genees asb ons land van die Covid plaag en laat elkeen wat siek is bonatuurlik herstel?
U is ons Beskermer!