9 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 9

Die nuwe wyn in die nuwe wynsakke, is die goeie nuus wat Jesus kom verkondig het, en dit bevestig het deur dooies op te wek, verlamdes te maak loop, blindes te laat sien en stommes weer te laat praat!

Die godsdienstige leiers was so bedreig daardeur, omdat hulle nie eers wonders herken het nie, wat nog te sê van gedoen het.
Maar Jesus was tussen die mense en het hulle so prakties bedien.

Here, mag ons ook deur ons bediening van U liefde wonderwerke sien gebeur!
U is Almagtig!