8 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 9

Die reënboog is die verbond wat die Here met ons sluit, dat Hy ons nie sal vernietig nie. Daar was nie voor Noag se tyd ‘n reënboog nie, want dit het nog nie gereën nie.
Eers as dit reën en die lig (son) agter jou is - as jy aan die kant van die Lig is - sien jy die lig opbreek in verskillende kleure en deel die Here met ons so ‘n teken van hoop!

Noag se dronkenskap word nie eens aangespreek nie, maar wel Gam se ontbloot van sy pa se fout en swakheid.
Ons sal soos Sem geseënd wees as ons die ‘naaktheid’ van ons leiers toemaak met respek, eerder as om dit te ontbloot met vernedering.

Here, dankie dat U ons seën met hoop en seën met sigbare tekens van U goedheid!
Mag ons altyd aan die kant van Lig bly om deur water van reën U perspektief van lig, in al sy kleure van vreugde, te kan sien!
U is die Lig van die lewe!