7 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 8

As ek opkyk na die sterre, veral waar jy dit mooi kan sien, weg van stadsliggies, dan dink ek altyd aan die woorde wat Dawid gevra het as hy die hemelruim in die aand sien: Here, wat is die mens dat U aan hom dink en kom besoek het?

Hierdie pragtige Psalm gaan oor die outoriteit wat die Here ons gee om namens Hom te heers oor die skepping!

Here, soos gister se gedeelte oor afgewentelde gesag, so besef ons die voorreg wat ons as mens het om saam met U te heers oor die wonderlike werke van U hande!
U is die Skepper!