5 Julie 2021

Dagstuk
Genesis 8

‘n Nuwe begin!
Noag, sy vrou en sy seuns, met hulle vrouens, verlaat die ark toe die aarde begin droog word, saam met al die diere!
Seisoene begin nadat dit die eerste keer gereën het.
Die Here belowe om nooit weer die aarde só te straf nie.

Here, soos v. 21 sê : die mens se gedagtes (inklinasie) is van kleins af boos. Sal U asb ons harte kom nuut maak en ons gedagtes deur U woord vernuwe!!?
U is die Nuwe begin!
Die God van tweede kanse!