4 Julie 2021

Dagstuk
Psalm 7

Dawid besef dat nederige berou en belydenis van sonde, deel van sy lewe moet wees.
Net so moet ek en jy, al is ons gered a.g.v. die bloed van Jesus toe ons wedergebore is, vandag steeds ons sonde nederig bely!

Ons moet, as deel van ons heiligmakingsproses, probeer om nie meer te sondig nie. Die Here sien ons nou as bekeerdes, asof daar nie sonde is nie (geregverdig); maar as daar nog hier en daar sonde inkruip wat ons probeer oorwin, moet ons met die Here daaroor gesels en nie maak asof dit nie bestaan nie!

Here, ons bely ons sonde voor U! Dankie dat U ons skuld, skaamte en gevolge van sonde wegneem deur U bloed!!
U is die Regverdige!