3 Julie 2021

Dagstuk
Matteus 7

Die Here leer ons hier hoe om te lewe, hoe om te praat en te bid en hoe om ander te behandel, maar ook hoe om soos Hy te wees.

Oor gebed sê Hy:
Vra
Soek en
Klop

Maar doen dit met VOLHARDING!

Dan SAL jy
Kry
Vind en
Voor oopgemaak word!

Buiten die vasbyt en aanhou bid, is daar ‘n gesindheid van totale afhanklikheid waarin ons na die Here toe moet gaan!
Ons gebedslewe beinvloed hoe ons ander behandel.

Here ons SOEK U met ons hele lewe!!
Daarom wil ons mense van gebed wees wat daagliks met U gesels!
U is die Een wat ons antwoord!