30 Junie 2021

Dagstuk
Matteus 6

Met diskressie moet ons aan die armes gee, bid en vas! Nie om gesien te word nie.
Hierdie praktiese stuk Christenskap in Matt. 6 se hoogtepunt is v. 33:
Soek eers die Koninkryk van die Here en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word!

Om Sy Koninkryk te soek is om Sy hemelse manier van dinge doen, na te jaag, en om te lewe in Sy wil!
En jou lewe te rig op Sy woord.

Here, help ons om U wil noukeurig na te volg!
U is ons Vader!