29 Junie 2021

Dagstuk
Genesis 6

“…Noag was ’n opregte man, die enigste onberispelike persoon in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en ’n noue verhouding met Hom gehad.”
‭‭GENESIS‬ ‭6:9‬ ‭NLV‬‬

Opreg, onberispelik, lewe volgens die Here se wil en in ‘n noue verhouding met Hom: dit behoort jou en my ook te beskryf!

Die Here se vooruit waarsku (meer as ‘n 100 jaar) voor die vloed, spreek ook van Sy genade.

Here, sal U ons betyds waarsku en beskerm teen vervolging en rampe asb?
U is by ons!