28 Junie 2021

Dagstuk
Psalm 5

Wat ‘n mooi gebed van verhouding!
Soos Dawid, behoort elkeen van ons daagliks met die Here te gesels!
“Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.”
‭‭PSALMS‬ ‭5:4‬ ‭NLV‬‬

Here, maak ons mense van gebed!
Help ons bid!
Help ons gereeld en opreg bid!
Mag dit ‘n daaglikse roetine wees, soos koffie drink en kuier saam met my vrou, elke dag ons verhouding sterker bou. Mag ons met U kom kuier en so met ons Vriend, Die Koning, ‘n groeiende en altyd sterker band smee!
Here, ons het U lief, daarom wil ons met U gesels!

U is die Liefde van my lewe!