27 Junie 2021

Dagstuk
Matteus 5

Die Bergpredikasie (Jesus se groot lering vir ‘n klomp mense) is om ons te leer:
“Julle moet so voorbeeldig lewe, dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!””
‭‭MATTEUS‬ ‭5:16‬ ‭NLV‬‬

So, Jesus verduidelik vir ons hoe om reg te leef ten opsigte van die woord, ons emosie, ons seksualiteit, huwelik, waarheid, versoening, grense ens.

Here, dankie vir hierdie belangrike hoofstuk, waarin U ons leer hoe om reg en rein te leef!

U is ons Onderwyser!