26 Junie 2021

Dagstuk
Genesis 5

Hierdie is die interessante beskrywing van die geslagte van Adam tot Noag, met hulle baie hoë ouderdomme! Henog, ‘n Godvresende man is nie dood nie, maar net opgeneem na die Here toe!

‘n Moontlike verduideliking van hul lang lewensjare, lê in die volgende hoofstuk: dit het tot met die vloed glad nie gereën nie (grond is van onder benat), en die atmosfeer moes anders gewees het in die voorvloed tydperk.

Here, mag ons met U wandel op aarde sodat ons ‘n ewige lewe kan hê, wat reg begin het met ‘n keuse om U te dien!
U is die God van die eeue!