24 Junie 2021

Dagstuk
Matteus 4

Elkeen van ons wat versoek word deur die duiwel, moet onthou hoe Jesus hom weerstaan het!
Hy het gesê: “daar staan geskryf….”
Om versoeking teen te staan, moet jy die skrif se waarheid ken en jou lewe daarvolgens rig!
Agv Jesus se toegewydheid, het mense van selfs ook die Dekapolis Hom gevolg. Hierdie was 10 stede waar heidene (nie-Jode) gewoon het.  

Here, dankie dat U vir alle mense U goeie nuus deel, en genesing deur genade bring!
U is die Waarheid!